BETHAL – Lede van die VLU Sukkelaartak het op Donderdag, 12 Februarie hul maandelikse vergadering by Hoërskool Hoogenhout aangebied waartydens me. Maureen Coetzee, voorsitter, hulle ingelig het dat mans net ’n lid kan word en aan kompetisies op takvlak mag deelneem.
“Baie mans kan beter as vroue bak en naaldwerk doen,” het van die lede gesê.
Me. Coetzee het gesê die streeksvergadering vind op 5 Junie op Bethal plaas.
Me. Marthie le Roux het lede meer oor tolletjiebrei met draad en krale geleer.
Sy het draad aan twee moere vasgemaak en dit deur die tolletjie gedruk sodat daar ’n gewig is.
Sy het daarna krale deur die draad geryg en die draad met ’n hekelpen deurgetrek.
Me. Le Roux het eers drie rye gebrei voordat sy die krale bygesit het.
Volgens haar is dit presies soos tolletjiebrei, maar in plaas van om dit met wol te brei, word dit nou met draad gebrei.
“Die draad moet tussen 12 en 14 meter lank wees,” het me. Le Roux gesê.
Die resultaat van die tolletjiebrei met draad en krale was ’n hangertjie.
Lede was stomgeslaan oor hoe maklik en kreatief dit is.
“’n Mens kan dit altyd vir vriende of familie as geskenke gee en dis bekostigbaar,’ het me. Le Roux gesê.
Die volgende VLU-vergadering vind op 12 Maart om 9.30vm by Hoërskool Hoogenhout plaas.
Vir meer inligting, skakel me. Coetzee by 082 572 5129 of me. Elaine Kock, ondervoorsitter, by 082 462 5422.
Vir meer nuus besoek gerus ons webtuistes:
Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.
Vir nuus na jou selfoon:
BBM – 29C64351
WhatsApp – 082-611-3867



