Local newsMunicipalNews

Verkeer hoop op by Secunda-verkeerslig

Hoof van verkeer sal probleem ondersoek.

SECUNDA – Verkeer by die flikkerende verkeerslig op die Evander-pad is weekliks ’n probleem en verkeer hoop glo sommige oggende tot by Sky Hill op.

Volgens mnr. Tim Denny, DA-raadslid, is dit veral ’n probleem tussen 6vm en 7vm.

“Die verkeersbeamptes is hier vanaf 7vm, maar ek dink dit sal beter wees as hulle vroeër kan kom,” het hy gesê.

Dié verkeerslig is al vir jare flikkerend en die skakelbeampte van die Govan Mbeki Munisipaliteit het destyds gesê dit is só gestel omdat dit veiliger is.

Die Ridge Times het mnr. Henry Masango, hoof van bemarking en kommunikasie van die munisipaliteit, gevra of die verkeersbeamptes nie vroeër kan begin om die verkeer by dié verkeerslig te reguleer nie en hy het gesê die hoof van die verkeersdepartement sal dit ondersoek.

 

Vir meer nuus besoek gerus ons webtuistes:

Ridge TimesStanderton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Vir nuus na jou selfoon:

BBM – 29C64351

WhatsApp – 082-611-3867

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button