SECUNDA – Me. Ingrid Lombaard het verlede jaar saam met twee vriendinne die brei- en hekelgroep, Chatty Blankets, op die been gebring wat wil teruggee aan die gemeenskap.
Dié groep het ontstaan toe me. Lombaard in Pretoria gesien het vroue brei blokkies terwyl hulle by die Wilgers Hospitaal wag om behandeling vir kanker te kry.
Me. Lombaard het borskanker gehad en het besluit om ook só ’n groepie op Secunda te begin.
Die groep het al tot 18 lede gegroei en hulle brei en hekel weekliks saam by die Kruik Cafe.
“Dit is meer vir ons gees as wat dit gaan oor die hekel,” het me. Lombaard gesê.
Die doelwit was om die trappe by die Kruik Kerk Secunda-gemeente vol komberse te pak en dit dan aan behoeftiges te skenk.
Hulle het op Woensdag, 18 Februarie dié doel bereik en gaan die kombese aan ’n welsynsorganisasie skenk.
Die groep het al 23 komberse gemaak.
Hulle het ook lootjies verkoop en die geld aan die Go Purple-projek geskenk.
Dié projek fokus op mishandelde vroue, mans en kinders en me. Anneri du Plessis het dit op Vanderbijlpark begin.
Me. Amanda Haywood hanteer dié projek op Secunda en help slagoffers van geweld en misdaad.
- Vroue wat saam wil brei of hekel, kan me. Lombaard skakel by 082 498 1788 of die groep se Facebookblad by Chatty Blankets besoek.
Vir meer nuus besoek gerus ons webtuistes:
Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.
Vir nuus na jou selfoon:
BBM – 29C64351
WhatsApp – 082-611-3867



