CrimeLocal newsNews

Diewe gebruik nuwe manier om in te breek

Drie sake van motordiefstal is by polisiestasie aangemeld.

EVANDER – ’n Man is op Donderdag, 26 Februarie in hegtenis geneem nadat hy glo ’n afstandbeheertoestel gebruik het om in motors in te breek.

Drie sake van motordiefstal is onlangs by die polisiestasie aangemeld, waartydens ’n skootrekenaar en ander waardevolle besittings gesteel is.

Volgens sers. Sibusiso Mbuli, skakelbeampte van die Evander Polisie, is die man die hoofverdagte in al drie sake.

Die afstandbeheertoestel is glo’n kloning van oorspronklike motorafstandbeheertoestelle en die polisie vra dat mense waaksaam moet wees.

Dit is ’n nuwe tegniek wat diewe gebruik om in motors in te breek.

Die man het op 2 Maart in die Evander Landdroshof verskyn.

Die polisie het die publiek gevra om by die gemeenskapspolisieforum (GPF) aan te sluit sodat misdaad bekamp kan word.

Sers. Mbuli het gesê mense moet enige motor of persoon wat verdag lyk, by die polisiestasie aanmeld.

Hier is ’n paar veiligheidswenke om motordiefstal te voorkom:

* Parkeer jou motor in ’n veilige omgewing.

* Moenie waardevolle besittings in jou motor los nie.

* Sluit jou motor ten alle tye.

* Moenie enige iemand vertrou om na jou motor te kyk nie.

* Hou jou afstandbeheertoestel buite die bereik van vreemdelinge.

 

Vir meer nuus besoek gerus ons webtuistes:

Ridge TimesStanderton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Vir nuus na jou selfoon:

BBM – 29C64351

WhatsApp – 082-611-3867

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button