Ondersteun Pumas op Secunda
Sasol Rugbyklub beplan groot dag by stadion.
SECUNDA – Sasol Rugbyklub het op Saterdag, 21 Februarie hul eerste vriendskaplike wedstryd vir die seisoen op Benoni gespeel en gewen.
Sasol se eerstespan het Benoni met 27-3 geklop en die tweedes Benoni se 0/21-span met 20-17.
Sasol gebruik ook dié vriendskaplike wedstryde as proewe.
Sasol Rugbyklub is op Saterdag, 21 Maart die gasheer vir die Pumas-rugbyspan wat by Secunda Stadion teen die Limpopo Bulls gaan speel.
Hulle skop om 4nm af en me. Mariëtte Kruger, skakelbeampte van Sasol Rugbyklub het die publiek genooi om hulle te gaan ondersteun en dié groot wedstryd by te woon.
Die Pumatjies speel om 8vm en weer om 3nm en Sasol se eerste en tweede spanne gaan teen Benoni speel.
Sasol Rugbyklub het op Donderdag, 26 Februarie die tweede span se nuwe naam bekend gemaak.
Dié span het altyd as die Seckies bekend gestaan en sal van nou af die Sasol Pompe heet.
Sasol Rugbyklub het op Saterdag, 28 Februarie op Delmas aan ’n rugbydag deelgeneem en teen Boksburg gespeel.
Die eerste span het hul wedstryd met 30-5 gewen en die Sasol Pompe het hul wedstryd 8-0 verloor.
Hul wedstryd is gestop weens swaar weer.
Johan Volschenk van Sasol se tweede span is as die speler wat die beste Pomp wit broekie gaan dra vir die volgende wedstryd.
Vir meer inligting oor die Pumas se wedstryd en Sasol se ander wedstryde, skakel me. Kruger by 082 461 2224.
Vir meer nuus besoek gerus ons webtuistes:
Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.
Vir nuus na jou selfoon:
BBM – 29C64351
WhatsApp – 082-611-3867



