Local newsMunicipalNews

Riool loop in Blesbokspruit in

Plaasdiere drink rioolwater.

BETHAL – Mnr. Henry Masango, hoof van bemarking en kommunikasie van die Govan Mbeki Munisipaliteit, was nie daarvan bewus dat riool in Blesbokrivier vloei nie.

Munispale werkers het glo slote by die rioolpompstasie naby Louis Trichardtstraat gegrawe sodat die riool in die Blesbokspruit kan invloei.

Plaasdiere drink water uit dié spruit.

“Dit is ’n groot probleem,” het inwoners gesê.

Volgens inwoners werk die pompstasie nie.

“Die stank is soms ondraagbaar.

“Hoeveel klagtes moet ons nog indien, want die munisipaliteit ignoreer ons net eenvopudig?” het ’n inwoner gevra.

Mnr. Masango het gesê die probleem is by die betrokke afdeling aangemeld.

 

Vir meer nuus besoek gerus ons webtuistes:

Ridge TimesStanderton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Vir nuus na jou selfoon:

BBM – 29C64351

WhatsApp – 082-611-3867

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button