GPF bied skietdag aan
Waardevolle items word steeds uit voertuie gesteel en inwoners moet bedag wees.
BETHAL – Die plaaslike GPF bied op Saterdag, 21 Maart ’n skietdag by die Mooifontein-skietbaan aan.
Bethallers wat wil leer skiet of wil oefen, kan die geleentheid bywoon.
Volgens mnr. Werner Herselman, voorsitter, sal daar mense wees wat opleiding sal gee.
Die GPF het op Donderdag, 26 Februarie hul maandelikse vergadering gehad.
“Misdaad was nie so volop in Februarie nie en dit was weer eens ’n goeie maand,” het mnr. Herselman gesê.
Waardevolle items word egter steeds uit voertuie gesteel.
“Mense dink hulle sluit hul motors, maar hulle doen nie,” het hy gesê.
Hy het inwoners gemaan om nie waardevolle items soos handsakke, kameras, selfone en skootrekenaars in motors te los nie.
“Voel altyd of die deure gesluit is,” het hy gesê.
Die gemeenskap moet steeds bedags oplet na vreemde bewegings van voertuie en voetgangers in die gebied.
Die sektor het onlangs ’n bystandfoon gekoop.
Dit het twee nommers is aan Whatsapp en BBM gekoppel en word gebruik om hulp aan mense in nood te verleen.
- Die noodnommers is 060 347 2848 of 060 734 6093 en die noodure is vanaf 9nm tot 6vm.
Die volgende GPF-vergadering vind op 26 Maart plaas.
Vir meer inligting oor die skietdag of om ’n lid te word, skakel me. Marlie Niewoudt by 083 713 0597 of mnr. Herselman by 073 619 3294.
Vir meer nuus besoek gerus ons webtuistes:
Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.
Vir nuus na jou selfoon:
BBM – 29C64351
WhatsApp – 082-611-3867



