Trichardt-motoriste kan weer Greystraat gebruik
Baie strate op Trichardt moet egter nog herstel word.
TRICHARDT – Motoriste en inwoners kan weer Greystraat gebruik nadat die Govan Mbeki Munisipaliteit uiteindelik die slaggate in dié pad herstel het.
Die slaggate kon nie gesien word as dit gereën het nie en baie motors het skade gely.
Die munisipaliteit het erken Greystraat het dringend aandag nodig en ’n tegniese span uitgestuur.
“Ons wil die munisipaliteit bedank vir hul moeite,” het van die inwoners gesê.
Baie strate op Trichardt kort egter nog aandag en volgens mnr. Henry Masango, hoof van bemarking en kommunikasie van munisipaliteit, vorm die herstel van die paaie deel van die begroting.
Me. Naomi Victor, DA-raadslid, het vantevore petisielyste onder die gemeenskap uitgedeel met die doel dat inwoners saam staan en die dorp se agteruitgang onder die munisipaliteit se aandag bring.
Volgens haar stel elke wyk ’n jaarlikse skedule op van kwessies wat deur die munisipaliteit reggestel moet moet word en dan word dit tydens hul maandelikse wyksvergadering bespreek waartydens die munisipaliteit terugvoering gee.
“Ons is dankbaar vir die bydrae wat die munisipaliteit in die omgewing lewer, maar daar is nog baie probleme wat aandag kort,” het me. Victor
Vir meer nuus besoek gerus ons webtuistes:
Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.
Vir nuus na jou selfoon:
BBM – 29C64351
WhatsApp – 082-611-3867
gesê.



