Bethaller drie dae sonder krag
Munisipaliteit reageer nie dadelik op klagtes nie.
BETHAL – ’n Inwoner en sy gesin van Van Der Hydestraat het vir drie aaneenlopende dae sonder krag gesit Nadat kabels glo gebrand het.
Hy en me. Michelle Viljoen, DA-raadslid, het die kragprobleem menige kere by die munisipaliteit aangemeld en verwysingsnommers gekry.
“Diewe het drie jaar gelede kabels gesteel en die munisipaliteit het die probleem net tydelik opgelos,” het hy gesê.
Die kabels is nie toegemaak nie.
Volgens me. Viljoen het munisipale werkers op Sondag, 1 Maart aan die probleem gewerk.
“Hulle het net die krag aangesit, maar nie die oop kabels toegemaak nie.”
Vir meer nuus besoek gerus ons webtuistes:
Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.
Vir nuus na jou selfoon:
BBM – 29C64351
WhatsApp – 082-611-3867



