TRICHARDT – Die Gemeenskapspolisieforum (GPF) en die polisie het op Vrydag, 6 Maart saamgewerk om misdaad te bekamp.
Hulle het Vrydagaand by die polisiestasie bymekaar gekom en is in groepe verdeel.
GPF-lede het die dorp te voet gepatrolleer.
Die verkeersdepartement was ook betrokke en het boetes aan vragmotorbestuurders uitgeskryf wat hul vragmotors snags onwettig in die dorp parkeer.
Verskeie kroeë is ook besoek waartydens die polisie mense vir dagga ondersoek het en kroeglisensies nagegaan het.
Volgens. konst. Valencia Koma, skakelbeampte van die Trichardt Polisie, is daggahandel ’n groot bekommernis en die polisie vra die publiek se samewerking om enige vorm van daggahandel by die polisiestasie aan te meld.
Motoriste is afgetrek en hul motors is ondersoek, maar niks verdag is gevind nie.
Mnr. Clarke van der Walt, voorsitter van die Trichardt GPF, het gesien dat twee prostitute deur ’n kliënt opgelaai is.
Hy het die polisie in kennis gestel, maar niemand is in hegtenis geneem nie.
Die GPF-komitee is hoopvol vir die toekoms en sien daarna uit om meer gereeld saam met die polisie te patrolleer.
Die volgende GPF-verdadering vind op Donderdag, 12 Maart om 6nm by die Trichardt Polisiestasie plaas.
Vir meer inligting, skakel mnr. Van der Walt by 079 985 4343.
Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.
Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.
Vir nuus na jou selfoon:
BBM – 2667A726
WhatsApp – 0748877590



