Vroue vra hulp van die gemeenskap
Die koste verbonde aan die opening van die ouetehuis is R1oo ooo.
EVANDER – Sewe vroue wil ’n verskil in die gemeenskap maak deur ’n ouetehuis vir bejaardes op die been te bring.
Hul grootste bekommernis is finansiële steun en hulle vra almal se samewerking.
Die koste verbonde aan die opening van die ouetehuis beloop bykans ‘n R100 000.
Shalom Omgee Sentrum is ’n maatskappy wat verlede jaar geregistreer is as ’n huis vir siekes en oues van dae.
Dit is ’n nie-regeringorganisasie en om geld te kry, is moeilik.
Volgens me. Joy de Witt het hulle groot plaaslike ondernemings genader, maar dit was onsuksesvol.
“Ons is nie bang om te werk nie en is ook nie van plan om op te gee nie.”
Bejaardes kry nie groot pensioene nie en sukkel dikwels om met dit uit te kom.
Die hoofrede vir ’n ouetehuis is omdat waglyste by ander instansies baie lank is en dit maande neem om op die lys te kom.
Die komitee verkies bejaardes wat nog vir hulself kan sorg sodat hulle net die basiese behoeftes en sorg kan gee.
’n Volledige span kan nie wag om te begin werk nie.
Hulle hou tans koekverkopings en beoog om binnekort meer gemeenskapprojekte aan te pak om geld in te samel.
As jy belangstel om by te dra, skakel me. De Witt by 083 339 3468.



