Hoogie-atlete presteer
Ses gekroon as Mpumalanga-kampioene in nege items.
BETAL – Altesaam 20 van Hoërskool Hoogenhout se atlete is vir die Gert Sibande-atletiekspan gekies.
Volgens mnr. Duane Botha, onderwyser, het dit goed gegaan en is 11 atlete vir die provinsiale span gekies.
Hendrik Susan (400m en 200m), Inge van der Merwe (100m, verspring en 100m-hekkies), Manqoba Nkosi (hoogspring), Gerrie Erasmus (800m), Daniele Human (800m) en Franci Louwrens (hoogspring) is as Mpumalanga-kampioene in nege items aangewys.
Die ander atlete wat ook goed presteer het, is Albertus Richter, Tiaan du Preez, Manelisi Nkosi, Damian Losper en Marizelle Venter.
- Vir meer inligting, skakel mnr. Botha by 082 820 1093 of besoek die skool se webwerf by www.hoogenhout.co.za
Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.
Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.
Vir nuus na jou selfoon:
BBM – 2667A726
WhatsApp – 0748877590



