Local newsLocal sportNewsSport

Timmy mik vir oorsee

Timmy Thyron Vermeulen durf die baan met sy motorfiets met gemak aan.

TRICHARDT – Timmy Tyron Vemeulen (19) het groot drome om internasionaal aan vryslagmotorfietstoertjiewedstryde deel te neem.

Hy het op die ouderdom van ses vir die eerste keer op ’n motorfiets geklim en het gou aan wedrenne begin deelneem.

“Ek wou van jongs af my eie motorfiets besit, maar grootmens speelgoed is duur.”

Vermeulen het by die toertjiesgroep XDL Suid-Afrika aangesluit en hulle help hom tans om nuwe tegnieke op die baan aan te leer.

XDL Suid-Afrika het in 2006 ontstaan en is ’n baanbreker vir vryslagtoertjies in die motorfietswêreld.

Sy inspirasie kom grotendeels van video-opnames op die Internet af wat deur ander motorfietsryers opgelaai word.

Sondae is sy oefendae en dan durf hy die baan met gemak aan en as hy deur die week kans kry om te oefen, benut hy elke geleentheid.

Vermeulen was al in twee ongelukke betrokke, maar dit het hom nie gekeer om met sy stokperdjie aan te gaan nie.

“My grootste droom is om oorsee deel te neem.”

Mnr. Jonathon Vermeulen, sy pa, staan bankvas agter hom en ondersteun hom in elke uitdaging wat op sy pad kom.

Vryslagmotorfietstoertjies is moeilik om te bemeester te word en verg baie oefening.

Vermeulen ry ’n ZX 6 Kawasaki.

“My motorfiets is my trots en ek laat nie sommer toe dat enigiemand op dit klim nie,” het hy gesê.

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge TimesStanderton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Vir nuus na jou selfoon:

BBM – 2667A726

WhatsApp – 0748877590

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button