Gemeenskap maak Trichardt polisiestasie skoon
Die hoofrede van die operasie was om die polisiestasie meer omgewingsvriendelik te maak.
TRICHARDT – GPF-lede, polisieoffisiere en die gemeenskap het ‘n projek begin waartydens hulle ‘n skoonmaakoperasie by die Trichardt Polisiestasie begin het.
Mense het Saterdag, 21 Maart met tuingereedskap by die polisiestasie opgedaag en was gretig om te begin werk,
Volgens mnr. Clarke van der Walt, voorsitter van die Trichardt CPF, het bykans 30 mense gehelp.
Lede van die DA en ‘n plaaslike kerkgroep het die voortou geneem en gewys dat hulle nie bang is om hul hande vuil te maak nie.
Tallisman Hire van Secunda het twee grassnyers en twee bossiekappers aan die polisiestasie gegee sodat die perseel skoon gehou kan word.
Die hoofrede vir die operasie was om die voorkoms van die polisiestasie op te knap en dit meer omgewingsvriendelik te maak.
Die gras is gesny, die blombeddings is omgespit en meeste van die vullis is verwyder.
Die gemeenskap en die polisie het die dag as ‘n geleentheid gesien om mekaar in tye van nood te help.
Die stasiekommissaris, lt. Ngqangashe Noyise, het die publiek en Isibonelo Myn persoonlik vir hul bydraes bedank.
Volgens mnr. Van der Walt is sy ‘n voorbeeld om te volg en die GPF-lede kyk op na haar.
Skoonmaakoperasies sal in die toekoms meer gereeld by die polisiestasie plaasvind.
Trichardt se GPF en DA-lede het ‘n ooreengekom om die polisiestasie binnekort van binne tot buite uit te verf.
“Ons is opgewonde oor die projekte wat voorlê,” het me. Anne Barkley, GPF-sekretaris, gesê.
Die polisiestasie benodig ‘n mobiele eenheid om ‘n traumasentrum oop te maak wat volgens wet ‘n noodsaaklikheid is.
Mnr. Van der Walt en die GPF-komitee het die publiek se hulp gevra.
Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.
Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.
Vir nuus na jou selfoon:
BBM – 2667A726
WhatsApp – 0748877590





