Local newsNews

Dr Chris de Beer se roudiens vind vandag op Secunda plaas

Bloedklont eis vermoedelik dokter se lewe.

SECUNDA – Dr. Christiaan de Beer (69) is op Saterdag, 28 Maart dood.

Hy het drie weke gelede ’n knievervanging ondergaan en was tuis waar hy van die operasie herstel het.

Die oorsaak van dr. De Beer se dood is vermoedelik ’n pulmonale embolus (bloedklont).

Hy was vir bykans 30 jaar op Secunda en was bekend as ’n dokter van integriteit en hoë etiese waardes en het ’n passie vir sy pasiënte gehad.

Volgens sy personeel was niks ooit te veel moeite vir hom nie en sy werk en sy pasiënte was  vir hom belangrik.

Op die ouderdom van bykans 70 jaar het hy nog voldag gewerk, lang narkoselyste gedoen en selfs snags uitgegaan as daar ’n noodgeval was.

Sy personeel sal hom onthou as iemand wat ’n skerp sin vir humor gehad het en altyd tyd gehad het vir ’n grappie en iemand by wie hulle ongelooflike lewenslesse geleer het.

“Ons gaan hom baie mis, hy het groot skoene agtergelaat om te vul,” het hulle gesê.

Dr. De Beer laat sy vrou, me. Elmari de Beer, drie kinders, twee stiefkinders en vyf kleinkinders na, asook talle vriende en pasiënte wat deur die jare soos familie geword het.

Die praktyk is steeds oop en gaan soos normaalweg voort waar dr. Lizette Oosthuysen en dr. Marna Loots beskikbaar is om pasiënte te help.

Dr. De Beer se roudiens vind vandag (1 April) om 11vm vanuit die N.G. Kerk Goedehoop-gemeente op Secunda plaas en sy begrafnis is op Donderdag, 2 April om 11vm op Potchefstroom.

 

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge TimesStanderton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Vir nuus na jou selfoon:

BBM – 2667A726

WhatsApp – 0748877590

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button