EVANDER – Eienaars van plaaslike ondernemings is moedeloos oor die groot toename in inbrake.
Diewe verkry deesdae toegang tot die ondernemings deur deur die dakke te klim.
Die polisie vermoed dat dit sindikate is wat van een dorp na ’n ander beweeg.
Die patroon wat diewe gebruik, is om ná beurtkrag op ondernemings toe te slaan.
In die proses word die alarmstelstel nie geaktiveer nie en dit gee diewe genoeg tyd om hul kriminele dade uit te voer.
Ackermans het onlangs deurgeloop en die diewe het die brandkluis oopgebreek en ’n groot bedrag geld gesteel.
Die polisie was op die toneel om ondersoek in te stel en nog niemand is in hegtenis geneem nie.
“My grootste vrees is om my winkel oop te maak en die inbrekers binne te vind,” het ’n bron gesê.
Hier is ’n paar nuttige veiligheidswenke wat ondernemings kan toepas:
* Hou waardevolle items buite sig.
* Maak seker jou alarmstelsel werk deeglik en toets die batterye elke 10 dae.
* Lig werknemers in indien jy nie vir langer as twee dae by die onderneming gaan wees nie.
* Hou polisie- en plaaslike GPF-noodnommers byderhand.
* Wees op die uitkyk vir enige verdagte aktiwiteite en mense.
Sers. Mbuli het die publiek se samewerking gevra en om enige vorm van misdaad by die polisiestasie aan te meld.
Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.
Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.
Vir nuus na jou selfoon:
BBM – 2667A726
WhatsApp – 0748877590




