Local newsMunicipalNews

Mense kla oor swak diens

Bethal Hospitaal het nog nie kommentaar gelewer nie.

BETHAL – ‘n Mens ervaar deesdae die diens by Bethal Hospitaal as aaklig.

Volgens ’n inwoner wag pasiënte lank en dan is daar nie eers behoorlike sitplekke nie.

“Daar is glo nooit genoeg dokters nie en dit is die grootste rede vir die lang wagtydperk,” het hy gesê.

Die hospitaal is ook vuil binne.

“As mense probeer om hulle telefonies te bereik, word hulle deurgeskakel na lyne wat nie werk nie of wat net aanhou lui,” het inwoners gesê.

Vroeër vanjaar het ’n pasiënt vir ’n week in die waakeenheid gelê omdat daar nie genoeg beddens in die ander sale was nie.

Volgens pasiënte is die verpleegsters nie altyd behulpsaam nie.

“Wat is die rede dat staatshospitale so agteruit gaan ?” het die inwoner gevra.

Bethal Hospitaal het nog nie kommentaar gelewer nie.

 

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge TimesStanderton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Vir nuus na jou selfoon:

BBM – 2667A726

WhatsApp – 0748877590

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button