Local newsMunicipalNews

Waterlek vinnig herstel

Die gat moet oop bly vir ’n paar dae om te bepaal of die pyp nie weer begin lek nie.

’n Waterlekkasie op die hoek van Mbonani Mayisela- en Kerkstraat is op 28 Maart vinnig herstel.

“Ons het Saterdagoggend, toe ons by die werk gekom het, gesien hoe die water in die pad afstroom,” het ’n werknemer by ’n winkel in Kerkstraat gesê.

Volgens die werknemer het ’n munisipale watertrok omstreeks 10vm verby gery en hy het vir bestuurder gesê hulle moet die lekkasie regmaak.

Kort daarna was die Lekwa Munisipaliteit daar vir herstelwerk.

Hulle het ’n gat in die pad gegrou en die pyp reggemaak, maar die gat is nog oop.

Dit moet so bly vir ’n paar dae om te bepaal of die pyp nie weer begin lek nie, voor dit toegemaak word.

Motoriste moet op die uitkyk wees as hulle in Kerkstraat ry.

Mnr. Sipho Mkwanazi, woordvoerder van die Lekwa Munisipaliteit, kon nie teen druktyd kommentaar lewer nie.

 

 

Besoek gerus ons ander webtuistes hier:

Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons Facebookblad en volg ons op Twitter.

Vir nuus wat na jou selfoon gestuur word:

BBM – 266F5BCC

WhatsApp – 0748872805

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button