CrimeLocal newsNews

Bethal-egpaar wreed aangerand in Windhoek

Wegbreekvakansie ontaard in nagmerrie.

BETHAL – Mnr. Larry (67) en me. Ida Ryan (66) is wreed by ’n lodge buite Windhoek aangeval terwyl hulle met vakansie was.

Die voorval het op Woensdag, 1 April gebeur.

Die egpaar het op 30 Maart saam met vriende in Windhoek aangekom en sou die volgende dag die Etosha Nasionale Park besoek het.

“Ons het Woensdag om 1vm van ’n hou teen die kamer se deur wakker geskrik,” het me. Ryan gesê.

Dit het stil geword, maar die deur is ’n uur later deur drie mans oopgebreek.

Een het mnr. Ryan met ’n knopkierie oor die kop geslaan, terwyl ’n ander een me. Ryan in die arm met ’n baie lang lem gesteek het.

Volgens me. Ryan het een man ’n pistol by hom gehad.

Voor die aanvallers in die bosse ingevlug het, het hulle me. Ryan se rugsak met haar reisdokumente, skoene en beursie in, gegryp.

Mnr. Ryan word sedert Woensdag in die MediClinic Windhoek behandel.

Hy het bloeding op die brein gehad en het Maandag ’n noodoperasie ondergaan om dit te verwyder.

Hy is nog baie naar en het hoofpyn na die operasie.

Hy het ook ’n dreineringspyp in die kop en sy kop is baie geswel.

Me. Ryan het nege steke in een arm gekry en verskeie kneusplekke opgedoen.

Sy het vandag gesê dit gaan goed met haar, hoewel sy steeds medikasie gebruik.

“Ek gaan my man weer vandag besoek en sal dan uitvind wat die uitslag van die breinskaderings is.

“My man is nog te swak om na Suid-Afrika vervoer te word.

“Al wat ons kan doen, is om geloof te hê en te glo,” het me. Ryan gesê.

Nog niemand is in hegtenis geneem nie.

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge TimesStanderton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Vir nuus na jou selfoon:

BBM – 2667A726

WhatsApp – 0748877590

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button