CrimeLocal newsNews

Mans slag bees onwettig op Secunda

Bees skynbaar deur motor getref.

SECUNDA – Motoriste was geskok toe hulle by ’n groep mense verby gery het wat ’n bees op Dinsdag, 6 April langs die pad geslag het.

Die bees is omstreeks 7.10vm met wit materiaal bedek en het langs die brug op die PDB Krugerrylaan naby uitbreiding 22 gelê.

Dit is glo vroeër deur ’n motor getref.

Die polisie is dadelik in kennis gestel, maar lt. off. Thulani Gamede het gesê dat niemand in hegtenis geneem is nie en geen ongelukke is by die polisiestasie aangemeld nie.

Hy het gesê dat enige vorm van veeslagting op paaie onwettig is.

Die polisie ondersoek die gebeure.

 

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge TimesStanderton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Vir nuus na jou selfoon:

BBM – 2667A726

WhatsApp – 0748877590

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button