Trichardt Polisie neem man in hegtenis toe hy vuurwapen as gesteel aanmeld
Wapenbevoegdheid is ’n groot bekommernis omdat baie mense vuurwapens op die swart mark koop en dit misbruik om die wet te oortree.
TRICHARDT – ’n Man is op Woensdag, 15 April in hegtenis geneem nadat hy sy gesteelde vuurwapen by die polisiestasie aangemeld het.
Volgens die polisie is sy vuurwapen glo uit sy motor gesteel.
Die man was nalatig omdat hy die vuurwapen in sy motor in ’n drasak gelos het.
Baie gevalle van gesteelde vuurwapens word gereeld by die polsiestasie aangemeld.
Wapenbevoegdheid is ’n groot bekommernis omdat baie mense vuurwapens op die swart mark koop en dit misbruik om die wet te oortree.
Die misbruik van vuurwapens neem toe en die polisie het die publiek gevra om waaksaam te wees.
Trichardt se polisie is besig met ’n interne ondersoek in die omgewing om vas te stel waar die vuurwapenhandel plaasvind.
As jy ’n vuurwapenlisensie wil kry, moet jy die volgende stappe volg:
* ’n Basiese skiettoets en veiligheidsmaatreëlstoets moet afgelê word.
* Die eienaar kan sy eie wapen vir die praktiese toets gebruik.
* ’n Vaardigheidsertifikaat word uitreik en die eienaar handig dit by ’n vuurwapenregistrasiesentrum of by die polisie in.
* Die polisie besluit of die persoon wel ’n vuurwapen mag besit.



