MunicipalNews

Secunda-inwoner is raadop met munisipaliteit se dienslewering

Na ses maande het die munisipaliteit steeds nie herstelwerk aan die pype gedoen nie.

SECUNDA – Die stormwater dreineringspype in die park langs Kleynhansstraat is al sedert Oktober verwyder, maar nie skoon gemaak nie.

Volgens mnr. Deon Mocke, inwoner, het die munisipaliteit elke keer ’n verskoning om die pype skoon te maak en terug te sit.

Die Govan Mbeki Munisipaliteit het ’n sloot gegrou en die pype uitgehaal en net so gelos.

Dit hou gevaar in vir mense wat die park as deurgang gebruik.

Die sloot is afgesper, maar die gras is lank en die sloot is haas onsigbaar.

Mnr. Mocke het reeds ’n verwysingsnommer van die munisipaliteit ontvang dat hul na die pobleem sal omsien.

Na ses maande, het die munisipaliteit steeds nie herstelwerk aan die pype gedoen nie.

“Ek het al verskeie kere die munisipaliteit geskakel en dan beloof hul om by my uit te kom,” het. Mnr. Mocke gesê.

As dit klaar gereën het, is sy erf onder water.

Die stilstaande water lok ook muskiete wat in die afgelope tyd ’n groot probleem is.

Volgens mnr. Henry Masango, hoof van bemarking en kommunikasie van die Govan Mbeki Munisipaliteit, was daar onlangs ’n probleem met die nodige toerusting om die pype skoon te maak.

“Daar is baie gebiede rondom die Govan Mbeki Munisipalitiet wat aandag verg en ons doen ons bes om daar uit te kom,” het mnr. Masango gesê.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button