NewsSchool sportSchoolsSport

JP is ’n steratleet

JP is ook ’n eerstespan rugbyspeler.

BETHAL – ’n Steratleet is op 21 Oktober 1996 in Kroonstad in die Vrystaat gebore.

JP du Toit, ’n leerling van Jim van Tonderskool, se daaglikse lewe bestaan uit atletiek.

Hy presteer in spiesgooi, gewigstoot, diskus, hoogspring en verspring.

JP het vir die eerste keer in 2014 aan die Suid-Afrikaanse atletiekbyeenkoms deelgeneem en het ’n eerste plek in spiesgooi behaal.

Hy het ook in dieselfde jaar plek in die Puma-rugbyspan gekry.

Volgens hom verteenwoordig hy die hele Mpumalanga as hy in die Puma-span speel.

“As ek in die skool se rugbyspan speel, verteenwoordig ek die skool,” het hy gesê.

“Ek was vanjaar baie negatief, maar een van ons onderwysers, mnr. Gerhard van Vuuren, het my opgebou en moed in gepraat.”

JP het onlangs aan die 2015 Suid-Afrikaanse Atletiekbyeenkoms in Rustenburg deelgeneem.

Hy het eerste in diskus gekom, tweede in gewigstoot en sesde in spiesgooi.

Hy het ook die spiesgooirekord verbeter.

Daar was altesaam 24 LSEN-skole by die byeenkoms en 21 atlete van Jim van Tonderskool.

21 atlete van Jim van Tonderskool het 16 medaljes huis toe gebring.”

Volgens JP is dit ’n belewenis om by die SAs te wees en leer jy baie nuwe mense ken.

As hy nie ’n atleet is nie, is hy ’n eerstespan rugbyspeler.

In sy vrye tyd kuier hy graag en luister na musiek en hengel is een van sy stokperdjies.

Sy toekomsplanne behels om verder in atletiek te presteer en om ’n bestuurder van ’n lodge te word.

Hy neem hotel en gasvryheid op skool.

“Hou jou kop hoog en gaan voort” is sy lewensmotto.

“Ek wil almal wat altyd daar vir my is, bedank en vir hulle sê dat ek nie so ver sonder hulle sou gekom het nie,” Het JP gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button