Local sportNewsSchool sportSchoolsSport

Hoogies-atlete presteer

Hendrik Susan se aflosspan het silwer medaljes verower.

BETHAL – Atlete van Hoërskool Hoogenhout het tydens die ASA Atletiekkampioenskap op Rustenburg goed presteer.

Atlete wat uitgeblink het, is Albertus Richter (800m uitdunne), Tiaan du Preez (hekkies uitdunne), Hendrik Susan (400m hekkies finaal 8ste, 200m semi-finaal), Gerrie Erasmus( 800m finaal 7de), Manelisi Nkosi (hoogspring finaal 7de), Franci Louwrens (hoogspring finaal 8ste), Damian Losper (300m hekkies finaal 5de) en Daniele Human (800m finaal 4de, 400m 10de)

Manqoba Nkosi wat 2m gespring het, het ’n bronsmedalje in hoogspring verwerf, terwyl Inge van der Merwe wat eintlik 0/16 is, ’n bronsmedalje in 100m hekkies verwerf het en vierde in verspring geëindig het.

In die aflos het Inge van der Merwe en Hendrik Susan bronsmedaljes verwerf.

Na die kampioenskap op Rustenburg, het die Hoogie-atlete aan die Suid-Afrikaanse Junior Kampioenskap in Bloemfontein deelgeneem.

Inge van der Merwe het vierde in die 100m geëindig, vyfde in 100m hekkies en tiende in verspring.

Manqoba Nkosi het vierde in hoogspring geëindig en Manelisi Nkosi negende.

Marizelle Venter het negende in die 300m hekkies geëindig.

Albertus Richter, Hendrik Susan, Franci Louwrens, Gerrie Erasmus en Damian Losper het almal aan die uitdunrondes deelgeneem waar Hendrik Susan se aflosspan silwer medaljes verower het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button