CrimeLocal newsNewsUpdate

Man dood aangetref in woonwa

'n Man is oomblikke gelede dood aangetref in 'n woonwa by 'n plaaslike oord buite Standerton.

‘n Man is op 3  Mei dood aangetref in ‘n woonwa by ‘n plaaslike oord buite Standerton.

Die man het glo die vorige dag by die oord aangemeld en het na bewering slegs vir een dag ingeboek.

Die eienaars van die oord het egter onraad vermoed omdat die man nie deur die loop van die dag sigbaar was nie.

Dit is toe dat hulle ondersoek instel en op die oorledene se liggaam in die woonwa afkom.

Kasselman Veiligheidsdienste en die Polisie was op die toneel.

OPVOLG (Maandag, 4 Mei, 11vm)

Volgens ’n Kasselman Veiligheidsbeampte vermoed die polisie geen gemene spel nie.

“Die ambulansdienste skryf dit aan ’n moontlike hartaanval of asma-aanval toe,” het die beampte gesê.

“Die woonwa was nog netjies binne en daar was geen teken van ’n gestryery nie.”


 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button