EVANDER – Inwoners wat die parkeergebied in Braam Fisher Rylaan gebruik, loop onder kriminele deur.
Motordiefstal en daggahandel is die buurt se grootste bekommernis.
Diewe gebruik ’n nuwe tegniek om in motors in te breek deur die motors se oorspronklike afstandbeheertoestel te vervals.
Die vervalsde afstandbeheertoestel werk net so effektief en vergemaklik toegang tot motors.
Items soos skootrekenaars. kontant en selfone word in meeste van die gevalle gesteel.
Talle verdagtes wat aan die voorvalle gekoppel word, is onlangs in hegtenis geneem.
Volgens sers. Sibusiso Mbuli, skakelbeampte van die Evander Polisie, is hulle deel van ’n sindikaatgroep wat op dorpe landwyd toesak.
Die polisie waarsku die publiek om waaksaam te wees en om by die sektorpolisie aan te sluit sodat misdaad dadelik by die polisiestasie aangemeld kan word.
Mense wat voorgee om motorwagte te wees, is ook dikwels die rede vir motorkapings.
Meeste van die inwoners is werkloos en bly op straat.
Sers. Mbuli het gesê: “Moenie die motorwagte vra om jou motor op te pas nie.”
Mense tussen 13 en 28 jaar oud word meestal deur daggahandelaars geteiken.
Lokvalle vir dwelmhandelaars is vantevore in plek gestel om suksesvolle inhegtenames te maak.
Die polisie besoek gereeld skole om kinders van die gevare van dwelmmisbruik bewus te maak.
Die polisie waarsku ook motoriste om nie vir ander langs die pad stil te hou nie.
Diewe vervals ook motors se nommerplatte en trek die motoris se aandag af deur hulle te wys dat hulle die nommerplate verloor het.
Baie gevalle is al by die polisiestasie aangemeld oor motoriste wat deur mense met vuurwapens aangehou is.
Die parkeergebied grens aan die dorp se sakekern en eienaars van ondernemings voel onveilig as hulle saans laat werk.
“Ons moet saamstaan om misdaad te bekamp,” het hulle gesê.
Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.
Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.
Vir nuus na jou selfoon:
BBM – 2667A726
WhatsApp – 0748877590



