Local newsNews

Vernon se nag van angs na verkeerde bloedtoetse

Man ondervind trauma na omgeruilde bloedtoetse.

SECUNDA – Mnr. Vernon Phillips en sy verloofde het ’n nag van angs deurgebring toe sy bloedtoetse deur Ampath Labratorium met iemand anders s’n omgeruil was.

Mnr. Phillips was nie daarvan bewus dat hy kanker gehad het nie totdat hy verlede jaar deur ’n winkeltrollie in sy onderderste ledemate gestamp is.

Hy het vir dae met pyn geloop en naderhand besluit om ’n afspraak by sy huisdokter te maak.

Die dokter het hom na dr. Dieter van Schalkwyk, ’n uroloog by Mediclinic Highveld, verwys.

Daar is swelling en bloeding tydens die skandering gevind en dr. Van Schalkwyk het voorgestel dat sy regter testikel verwyder moes word.

Mnr. Phillips het verlede November ’n operasie ondergaan en na die uitslae is hy met selenium prostaatkanker gediagnoseer.

Die kanker is op ’n vroeë stadium gevind en dit was nie nodig dat hy verdere operasies moes ondergaan of behandeling ontvang nie.

“Dr. Van Schalkwyk was tevrede na die operasie en het vir my gesê ek is in remisie.”

Mnr. Phillips moet elke ses maande vir die volgende drie jaar vir skanderings en bloedtoetse gaan.

Hy het onlangs by Ampath Laboratorium sy eerste bloedtoetse en skandering gedoen.

Na die uitslae is hy dadelik in kennis gestel dat die kanker terug is en dat voorbereiding vir chemoterapie gemaak moet word.

Volgens die resultate was sy plaatjietelling baie hoog en op sy skandering het daar drie kliere uitgestaan.

“Ons het ons vir die ergste voorberei,” het mnr. Phillips gesê.

Mnr. Phillips en sy verloofde, me. Melodey Germishuys, het die aand na die uitslae nie ’n oog toegemaak nie en was getraumatiseerd.

Hulle het later uitgevind dat die bloedtoetse met iemand anders s’n omgeruil was.

Volgens ’n bron was hy nie die enigste een met wie dit gebeur het nie.

“Die laboratorium se personeel besef nie waardeur families gaan as sulke onnodige foute begaan word nie.” het mnr. Phillips gesê.

Me. Diana Antonie, konsultant van Ampath Labratorium, het die Ridge Times na Ampath Labratorium by die Mediclinic Highveld op 11 Mei verwys.

Niemand van dié laboratorium wou kommentaar lewer nie.

nder

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button