Polisie vat nie nonsens nie
Die Standerton Polisie het verlede week die volgende 24 verdagtes in hegtenis geneem.
Die Standerton Polisie het verlede week die volgende 24 verdagtes in hegtenis geneem.
• Twee vir aanranding.
• Een vir bestuur onder die invloed van alkohol.
• Twee vir moord.
• Twee vir roof.
• Twee vir die besit van dwelms.
• Een vir aanranding en kwaadwillige skade aan eiendom.
• Drie vir die besit van gesteelde eiendom.
• Een vir winkeldiefstal.
• Een vir intimidasie.
• Een vir handel in dagga.
• Twee vir verkragting.
• Twee vir diefstal uit ’n voertuig.
• Drie vir besigheidsinbraak.
Die Standerton Polisie het ’n beroep op inwoners gedoen om waaksaam tydens beurtkrag te wees.
“Maar seker dat jou hekke en deure gesluit is en dat jou vensters toe is,” het lt. Fanie Nhlabathi, woordvoerder van die polisie, gesê.
“Motoriste moet nie selfone en skootrekenaars, sonder toesig, in hul voertuie laat nie.”



