CrimeLocal newsNews

Eienaar van Secunda-bestuurskool onskuldig bevind

’n Saak van oortreding is teen Mnr. Elvis Mosele gemaak.Mnr. Mosele is steeds die eienaar van die bestuurskool en verseker die publiek dat leerlinge wat onder sy toesig is, wettiglik hul lisensies kry.

SECUNDA – Mnr. Elvis Mosele, toesighouser van die Secunda munisipale toetsgronde en eienaar van ’n bestuurskool, is in November 2013 aangekla van oortreding nadat hy glo die Govan Mbeki Munisipaliteit se munisipale toetsgrond sonder toestemming gebruik het.

Mnr. Mosele het ’n vragmotorbestuurder vir klasse geneem, waartydens hulle die perseel glo oortree het.

Volgens mnr. Mosele het hy toestemming van die hooftoetsbeampte verkry vir die vragmotor om op die perseel te mag wees en hulle nie geoefen nie, maar wel ’n bestuurstoets gedoen.

Hy het gesê hy het geen vorms ingevul om hom in kennis te stel dat hy nie die perseel mag gebruik nie.

“Ek kan nie Engels lees nie,” het mnr. Mosele gesê.

Die hooftoetsbeampte, wat daagliks met mnr. Mosele werk, was nooit tydens die hofsaak ingeroep om teen hom te getuig nie.

Twee regters van die Hooggeregshof in Pretoria het sy boete van R2 000 van die hofrol geskraap,

Mpumalange se Departement van Vervoer het ’n wet uitgereik dat bestuurskole en mense wat hul eie voertuie gebruik, nie munisipale toetsgronde mag gebruik nie.

Me. Liza Tsatsi, waarnemende regter, het gesê dat hy ’n geldige bestuurskoolpermit het en word toegelaat om sy leerlinge vir ’n leerling- of bestuurlisensie te toets.

“Mnr. Mosele was daar om een van sy leerlinge te toets en het geen intensies gehad om die wet te oortree nie,” het sy gesê.

Mnr. Mosele is steeds die eienaar van die bestuurskool en verseker die publiek dat leerlinge wat onder sy toesig is, wettiglik hul lisensies kry.

* Die onwettige koop van lisensies neem daagliks toe en die polisie is tans besig met ondersoeke om vas te stel wie die sindikate is.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button