Local newsNews

Bakkie voor ondernemings gestrand

Mense moet verder stop weens bakkie wat al vir vier dae voor ondernemings staan.

BETHAL – ’n Bakkie staan al vir vier dae voor drie ondernemings in Vuysile Mini, oorkant die Sasol Vulstasie.

Volgens mnr. Hansie Oberholzer het hy die verkeersdepartement geskakel, maar geen terugvoering ontvang nie.

“Ek het ook die polisie geskakel en hulle het my terugverwys na die verkeersdepartement.”

Volgens hom het hy nog niemand naby die voertuig gesien nie.

“Baie mense besoek die winkels en sommiges moet verder gaan stop.”

Hy het ook genoem dat hy nie weet of die bakkie dalk stukkend is nie.

Die verkeersdepartement het teen druktyd nie kommentaar gelewer nie.

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge TimesStanderton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Vir nuus na jou selfoon:

BBM – 2667A726

WhatsApp – 0748877590

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button