Die Standerton Polisie het 32 verdagtes die afgelope week in hegtenis geneem.
• Vier vir die besit van gesteelde eiendom.
• Een vir veediefstal.
• Drie vir winkeldiefstal.
• Sewe vir aanranding.
• Vyf vir die besit van dagga.
• Een vir die diefstal van ‘n selfoon.
• Twee vir besigheidsroof.
• Twee vir huisbraak.
• Een vir moord.
• Twee vir diefstal.
• Twee vir handel in dagga.
• Een vir gesinsgeweld.
• Een vir drink in die openbaar.
“Vroue moet probeer om gedurende die wintermaande huis toe in groepe te stap na werk wanneer dit vroeër in die aande donker word,” het lt. Fanie Nhlabathi, woordvoerder van die Standerton Polisie, gesê. Dit is te wyte aan die groeiende kommer oor verkragting op ons dorp.
“Vroue moet ook nie in die strate in die aande gedurende beurtkrag wees nie,” het hy ook gesê.


