SECUNDA – Inwoners vrees vir hul lewens omdat inbrake deesdae aan die orde van die dag is by Sunset Park.
Dié woongebied Park is ’n teiken vir verskeie vorms van misdaad.
Honde word vergiftig, huisbrake neem toe en aanrandings op straat is die algemeenste probleme wat die inwoners in die gesig staar.
Inwoners bestee meer geld om hulle veiligheid op te knap, maar dit is ook nie genoeg nie.
Diewe spring oor die mure en breek gewoonlik die vensters om toegang tot die huise te kry.
“Ons is te bang om saans ons huise te verlaat, want ons weet ons word dopgehou.”
Inwoners hoor hoe honde saans blaf, maar is bang om uit te gaan.
Dwelmhandel het ook in die woonbuurt toegeneem en die polisie is besig met ondersoeke om die sindikate vas te trek.
Die oop veld agter Sunset Park is ’n aantrekking vir diewe om weg te kruip.
Die sektorpolisie patrolleer gereeld en neem kennis van verdagte motors en mense.
Mense is in hegtenis geneem, maar die meeste van die diewe word op parool vrygelaat en pleeg weer ‘n misdaad.
’n Vrou het het onlangs opgemerk hoe twee diewe oor ’n muur spring en toerusting in hulle motorhuis steel.
Sy het hulle probeer voorkeer, maar haar poging was onsuksesvol.
Die diewe het weer oor die muur gespring, maar haar buurman se hond het hulle skrik gemaak en hulle het op die vlug geslaan voordat die polisie hulle kokn vastrek.
Volgens inwoners vind die huisbrake deur die dag plaas.
“Ons kan nie meer so in vrees leef nie,” het inwoners gesê.
Die polisie vra inwoners om waaksaam te wees en enige vorm van misdaad by die polisiestasie aan te meld.
Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.
Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.
Vir nuus na jou selfoon:
BBM – 2667A726
WhatsApp – 0748877590



