Mnr. Johannes Kritzinger (70) en sy vrou Rita (66) is ernstig na ‘n plaasaanval op 12 Julie beseer.
Dié voorval het op hulle plaas Brakdam naby Vrede gebeur.
Mnr. Kritzinger is drie keer en sy vrou twee keer geskiet.
Die aanvallers het mnr. Kritzinger gevra vir sy kluis se sleutel.
Hy het daarin geslaag om die paniekknoppie te aktiveer en die boewe het spore gemaak.
Die egpaar is op 14 Julie geopereer en is tans stabiel.
‘n Voormalige werknemer op die plaas, ‘n inwoner van Vrede, is Sondagaand in hegtenis geneem.
Die Vrede Polisie het sy medepligtige ook op 15 Julie in hegtenis geneem.
Besoek gerus ons ander webtuistes hier:
Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons Facebookblad en volg ons op Twitter.
Vir nuus wat na jou selfoon gestuur word:
BBM – 266F5BCC
WhatsApp – 0748872805



