Editor's choiceLocal newsMandela DayNews

Advertiser personeel skenk bloed vir Mandela-dag

Die Standerton Advertiser se personeel het op 14 Julie bloed geskenk vir Mandela-Dag.

Die Standerton Advertiser se personeel het op 14 Julie bloed vir Mandela-dag geskenk.

Hulle het soos rooi miere met hulle rooi baadjies gelyk na hulle aankoms by die bloedbank in die Junxion-sentrum.

Na ’n heerlike koppie koffie, wat gratis beskibaar was, was dit tyd om te skenk.

Sommiges het al geskenk, maar diegene wat vir die eerste keer daar was, was maar bleek om die kiewe.

“Dit was vir my baie lekker, veral saam met my kollegas, wat dit die moeite werd gemaak het,” het me. Hanlie Viljoen gesê.

“Dit was my eerste keer en ek sal dit beslis in die toekoms weer doen en vra ook dat ander mense dit probeer, want dit is vir ’n goeie doel.”

Volgens haar het die personeel van die bloedbank professioneel opgetree en haar so gemaklik as moontlik gemaak.

“Ek was senuweeagtig, maar dit was glad nie so erg nie en ek sal dit weer doen,” het me. Senamile Phungula, wat die eerste keer geskenk het, gesê.

Volgens mnr. Iain Pattullo, wat al voorheen geskenk het, is dit bietjie seer as die naald ingaan.

“Die is dalk seer, maar ek weet dat my bloed iemand se lewe kan red,” het hy gesê.

Die bloedbank het komberse aan die donateurs oorhandig.

Na die skenking was daar weer koffie of ’n vrugtesap en ’n iet soets vir diegene wat bietjie vaal gevoel het.

Die Standerton Advertiser daag ander ondernemings uit om te skenk om die bloedtekort in die land die hoof te bied.

Skenk bloed en red ’n lewe.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button