Local newsNews

Davieshof opgegradeer

Inwoners van Davieshof bederf.

SECUNDA – Inwoners van Davieshof is bederf met die opgradering van die gebou op Mandeladag.

Verf is ingesamel om die geboue van Davies te verf en inwoners het ook gehelp om te verf.

Me. Lente Fourie het gesorg vir die vermaak met haar kitaar en sang.

Pannekoek en worsbroodjies is uitgedeel en almal het gehelp waar hulle kon.

Me. Michelle Odendaal en me. Santie Moolman van die Govan Mbeki Munisipaliteit het besluit om vir Mandeladag verf in te samel om die geboue van Davies oor te verf.

Me. Odendaal het Mega Paint, Charlie Warehouse, Timbercity, Olievelde, Chris Hall, Pinnacle Auto BMW, Our Place, Hi-Q Electrical en almal wat gehelp en eet- en drinkgoed geskenk het, bedank.

Indien iemand belangstel om nog skenkings te maak, kan hulle me. Rina Theunisen skakel by 083 333 8359.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button