Local newsNewsSport

Sasol Hydra-Arc haal halfeindstryd

Sasol Hydra-Arc eindig tweede in Mpumalanga Hoëveld Liga Top 5.

SECUNDA – Sasol Hydra-Arc het Saterdag 18 Julie tweede geïndig in die Mpumalanga Hoëveld Superliga Top 5.

’n Harde wedstryd het gesorg vir ’n telling van 20-15 in die Ferro’s se guns.

Een van Sasol Hydra-Arc se drieë is in die eerste helfte teruggetrek, maar dit word ondersoek.

Johann de Bruin en Theuns Kruger is as die Spur Man van die Wedstryd aangewys.

Die wenners van die Top 2 van die Hoëveld Superliga Top 5 speel op 25 Julie teen die Top 2 van die Laeveld Superliga Top 5.

* Hoëveld 1 of Ferro’s vs Laeveld 2 of Witrivier in Witbank.

* Laeveld 1 of Nelspruit vs Hoeveld 2 of Sasol Hydra-Arc in Nelspruit

Die aindstryd is op 1 Aug.

Die wenners van fdie eindstryd kwalifiseer om Mpumalanga in die Community Cup 2016 te verteenwoordig.

Die verloorder kan nog kwalifiseer vir dié beker en speel dan uit in repechage.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button