Die damsaal by die ontspanningsoord op Bethal is deesdae ‘n vervalle gebou.
Die Ridge Times het al menige berigte oor die toestand van die damsaal in 2014 berig en die toestand het net versleg.
Vandalisme vind steeds plaas, en die gebied is bestrooi met kondome en vullis.
Mnr. Hennie Rademeyer, DA-komiteelid, het gesê dat die geboue ’n veiligheidsrisiko is en is dit asof die gebou nie meer herstel kan word nie.
“Die dak se balke het al plat geval en ek dink dat hulle die gebou moet toemaak om ongelukke te voorkom,” het hy gesê.
Volgens hom was die woonwapark op ’n tyd luuks en stampvol met kampeerders.
“Vir mense wat op die dorp groot geword het, is dit hartseer om te sien hoe nie net die damsaal, maar ook die dorp agteruit gegaan het.
Wat gaan gedoen word en wanneer gaan dit gedoen word?”
Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.
Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.
Vir nuus na jou selfoon:
BBM – 2667A726
WhatsApp – 0748877590



