BETHAL – Me. Lettie Griffon, lid van Solidariteit Helpende Hand se Tuisgenoot-projek, hou haarself besig deur blikkies bymekaar te maak.
Volgens haar is dit nog altyd haar passie om goed bymekaar te maak.
Van muntstukke tot blikkies se doppies maak sy bymekaar.
“’n Mens dink dat weggooigoed nie waarde het nie, maar eintlik kan dit mense geld in die sak bring,” het sy gesê.
Sy maak verskillende soorte blikkies bymekaar en verkoop dit dan.
“Die stokperdjie het my al ’n paar rand in die sak gebring en dit hou ‘n mens uit die kwaad.”
Sy het ’n paar sake wat die soorte blikkies van mekaar skei en dan as sy sien dat sy genoeg bymekaar gemaak het, ruil sy dit vir geld.
’n Mens kry tot byna R7 per kilogram blikkies.
’n Ander projek waarmee sy besig is, is om broodmerkers bymekaar te maak om ’n pasiënte wat tans in Bethal Hospitaal lê, te help.
Deur die merkers bymekaar te maak, kan dit vir iemand ’n rolstoel gee.
“Dit gaan nie noodwendig vir my oor die geld nie, ek wil ook ander help en ’n verskil in hulle lewens maak.”
Me. Griffon vra dat die gemeenskap haar sal ondersteun en alle blikkies of broodmerkers by haar huis in Rodgerstraat 6A af te lewer.
Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.
Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.
Vir nuus na jou selfoon:
BBM – 2667A726
WhatsApp – 0748877590




