NewsSchool sportSchoolsSport

Ligbron krieketspanne op dreef

Ligbron se se eerste span het Saterdag op hul tuisveld teen Hoërskool Piet Retief te staan gekom en die wedstryd oortuigend met agt paaltjies gewen.

Ligbron Akademie vir Tegnologie se krieketspanne is tans goed op dreef en hoewel dit nog redelik vroeg in die seisoen is, toon al die spanne groot belofte.

Die Liggies se eerste span het Saterdag op hul tuisveld teen Hoërskool Piet Retief te staan gekom en die wedstryd oortuigend met agt paaltjies gewen.

Die besoekers is almal uitgeboul vir 61 lopies binne die bestek van 19.1 boulbeurte.

Vir Ligbron het Thomas De Beer syfers van 4/10 in 4.1 beurte behaal en J.P Labuschagne 3/7 in vyf beurte. Ligbron het in sy kolfbeurt 64/2 ná slegs 10.4 beurte behaal.

Ligbron het vanjaar twee eerste spanne in die liga ingeskryf en die eerste B-span het teen Hoërskool Oosterland op Secunda te staan gekom.

Ligbron het eerste gekolf en 173/10 in 43 beurte behaal. Oosterland het die vereiste lopies in die 35ste boulbeurt behaal met sewe paaltjies plat en die wedstryd met drie paaltjies gewen.

Die Liggies se derde span het teen Hoërskool Standerton se tweede span te staan gekom. Die Standertonners is almal uit in die 39ste beurt vir 217 lopies waarna die Liggies met 166/10 geantwoord het en die wedstryd met 51 lopies verloor het. Ligbron se beste boulers was Janke Gates en Stefan Horn wat elkeen drie paaltjies geneem het.

Die beste kolwers was Ethan Dinnematin (43) ,Janke Gates (32) en Ernst Malherbe (29).

Ligbron se 0/14-span het op sy tuisveld teen Hoërskool Hoogenhout kragte gemeet.

Die Liggies het 183/3 op die telbord geplaas. Die Hoogies was weens die akkurate boulwerk van Zartius Swart wat 5/6 geneem het gou in die moeilikheid en kon slegs 29 lopies behaal voordat hul almal in die13e boulbeurt terug in die pawiljoen was.

Ligbron het die wedstryd met 154 lopies gewen.

In nog ’n plaaslike wedstryd het Ligbron se 0/15-span teen EHS gekom en die wedstryd met nege paaltjies gewen. EHS het eerste gekolf en 116/7 in 20 beurte aangeteken.

Ligbron se kolwers het korte mette gemaak van die vereiste lopies en die telling verbygegaan vir die verlies van slegs een paaltjie.

 

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Vir nuus na jou selfoon:

BBM – 2667A726

WhatsApp – 0748877590

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button