Prestige jeugsport hou Sewes rugby proewe
Rugbyspelers en afrigters gesoek.

SECUNDA – Jy kan jou kind `n tweede kans gee om rugby te speel.
Prestige Jeugsport gaan nou ook in Mpumalanga proewe hou.
Prestige Jeugsport bied Sewes Rugby-proewe aan by Hoërskool Oosterland.
Daar word ook afrigters gesoek.
Indien jy belangstel om te help kan jy vir Andries kontak.
Spelers wat op hierdie dag vir spanne gekeur word, sal saam met die Mpumalanga Rhinos-streekspan aan die Prestige Jeugsport-toernooi deelneem vanaf 4 tot 7 Oktober by VUT Steyl Stadion op Vanderbijlpark.
Drie spanne vir 0/14, 0/15 en 0/17 sal gekies word.
Die Highveld Rhinos-Streek word opgemaak uit Secunda, Ermelo, Standerton, Bethal, Volksrust, Kriel en Balfour.
Kontak Andries Labuschagne (voorsitter van Mpumalanga Prestige Jeugsport).
Kostes beloop R60 per speler.
Die proewe sal op 1 September by Hoërskool Oosterland gehou word en almal is welkom.
Registrasie en inskrywings begin reeds om 13.30nm.
Indien daar afrigters is wat ook belangstel om af te rig, kan hulle vir Andries kontak by 071 475 6955 of `n epos na andries.xrd@gmail.com stuur.
Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.
Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.
Vir nuus na jou selfoon:
BBM – 2667A726
WhatsApp – 0748877590



