Local newsNews

Annemien praat oor gehoorverlies

Bethal-tak se vroue vergader weer op 20 Oktober.

BETHAL – Me. Annemien Mattheus, gehoorkundige, het VLU-vroue tydens hul maandelikse vergadering in Bethal Biblioteek se ouditorium, toegespreek.

Volgens vroue was dit die hoogtepunt van die jaar en hulle het baie geleer.

Me. Mattheus het oor gehoorverlies gepraat en gesê dat dit belangrik is om dadelik met jou dokter te gesels indien jy ’n gehoorprobleem het.

“As jy die radio of die televisie begin harder stel, moet jy weet dat daar moontlik fout kan wees.”

Sy besoek Bethal twee keer ’n week en praktiseer op Secunda.

Verder het me. Wilna Redelinghuys lede meer oor die kongres wat onlangs op Hazy View gehou is, vertel.

“Ek het so baie nuwe vroue leer ken en baie geleer.”

Meer as 300 vroue het die kongres bygewoon waartydens nuwe sake bespreek is en ’n nuwe bestuurskomitee gekies is.

Die wenke vir die dag was dat droë teesakkies in skoene en klam teesakkies in ’n yskas slegte reuke verwyder.

Drie druppels gliserien op ’n bril kan die lens laat blink en plaas brokkoli en blomkool in ’n bak water in die yskas om dit langer vars te hou.

Vroue is ook ingelig van die piekniekdag wat op 22 Oktober in Devon plaasvind.

Die tak se lede het ook op Vrydag, 18 September pannekoeke gebak en verkoop om geld vir die tak in te samel.

Bethal-tak se vroue vergader weer op 20 Oktober.

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge TimesStanderton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Vir nuus na jou selfoon:

BBM – 2667A726

WhatsApp – 0748877590

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button