Indiese aand lok baie
Prakash Nagar het inwoners se monde omtrent laat water met sy Indiese geregte.
BETHAL – Lede van die Lodge het op Donderdag, 5 November ’n Indiese aand by Grasslands aangebied ten bate van Solidariteit Helpende Hand se Bethal-tak.
‘n Oud-Bethaller, mnr. Prakash Nagar van Namaskar Restaurant, het gesorg vir die Indiese geregte.
Hy het op Bethal grootgeword en was voorheen die eienaar van Poco Foods, voordat hy na Pretoria verhuis het.
“Ek het nou my eie Indiese restaurant en geniet elke oomblik daarvan.”
‘Chicken Tikka’ en ‘Seekhkebab’ was die voorgereg, terwyl die hoofgereg in drie etes opgedeel is.
Die eerste ete was ‘Butter Chicken’, die tweede ete ‘Lamb Masala’ en die derde was garnaalkerrie saam met Basmati rys.
Saam met elke gereg het inwoners ’n ander wyn gekry om saam met die ete te geniet.
‘Milk Dumplings’ en roomys is as nagreg bedien en gaste het dit omtrent geniet.
Volgens inwoners moet daar meer sulke funksies op die dorp gehou word.
Mnr. Clive Odendaal van Cape Legends het die wyn geborg en mense meer oor die verskillende soorte wyn ingelig.
Mnr. Kevin Dell en sy vrou, Annelize, van die Lodge het almal vir hulle hulp en ondersteuning bedank.
Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.
Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.
Vir nuus na jou selfoon:
BBM – 2667A726
WhatsApp – 0748877590




