’n Booswig het op 22 November in De la Reystraat, Meyerville ingebreek en byna geslaag om ’n stoof te steel.
Die stoof was reeds ontkoppel en van die muur losgemaak.
Die woonstel waaruit die kwaaddoener die stoof wou steel, staan leeg.

Inwoners van ’n ander woonstel in dieselfde kompleks het Kasselman Veiligheidsdienste in kennis gestel.
Kasselman het die verdagte betrap en hy is na die Standerton Polisiestasie geneem.
Volgens die verdagte het iemand die stoof aan hom gegee, maar almal wat gevra is, het gesê hul weet niks daarvan nie.
’n Saak van inbraak is oopgemaak.
Besoek gerus ons ander webtuistes hier:
Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons Facebookblad en volg ons op Twitter.
Vir nuus wat na jou selfoon gestuur word:
BBM – 266F5BCC
WhatsApp – 0748872805


