Alicia spreek VLU toe oor werksaamhede van Helpende Hand
Helpende Hand is een van 18 groepe wat onder die Solidariteitbeweging val.
Op 10 November het me. Alicia de Lange van Helpende Hand lede van VLU Vaalrivier toegespreek in verband met die werksaamhede van die organisasie.
Helpende Hand is een van 18 groepe wat onder die Solidariteitbeweging val.
Helpende Hand is in 1949 op die been gebring as antwoord op die wit armoedekrisis na die Tweede Wêreldoorlog.
Vandag strek Helpende Hand se dienslewering baie verder, van kinders tot bejaardes, met die spesifieke fokus daarop om armoede te verlig, te voorkom en te verbreek.
Hulle glo die beste manier om dit te doen is deur opleiding en vaardigheidsoordrag.
Hulle fokus is ook veral om te verhinder dat kinders nie in die armoedemoeras beland nie.
Helpende Hand funksioneer binne die Solidariteitbeweging as ’n maatskappy sonder winsoogmerk wat sy eie geld genereer. Hulle reik na behoeftige blankes uit en het die volgende projekte.
• Kosblikkieprojek
Altesaam 4500 kleuters by 63 behoeftige kleuterskole regoor Suid Afrika het in 2015 voedingshulp ontvang.
’n Opname is by Laerskool Kalie de Haas en Laerskool Standerton gedoen oor kindertjies wat se lewensomstandighede swaar is.
’n Shoprite- of Spar-kaart is aan die skool uitgereik en R50 tot R80 is beskikbaar om kos te voorsien vir elke geïndentifiseerde kind per dag.
Dikwels is hierdie voedsel wat verskaf word die enigste voedsel wat die kind vir die dag kry.
• Skooltassieprojek
Meer as 25 000 skooltassies is tussen 2007 en 2015 by Afrikaanse skole uitgedeel.
Elke tassie is propvol skryfbehoeftes en verseker dat elke kind die geleentheid het om sy of haar volle potensiaal te verwesenlilk.
Ongelukkig gebeur dit soms dat die inhoud van die tassies deur ouers vir dwelms of drank verkoop word.
In 2016 is daar in elke skooltassie ook ’n Kinderbybel sodat kinders ook geestelike bystand ontvang.
Me. Lindie Davel, plaaslike verteenwoordiger van Helpende Hand, besoek skole en kry besonderhede van hulpbehoewende families en nuwe gr. 1’s word voorsien met ’n volledige skooltassie met alles wat benodig word vir die gr. 1 jaar. (R850 per kind).
• Entrepreneurskap
Meer as R1,5-miljoen is in die ontwikkeling van entrepreneursprojekte geploeg.
• VAW
Meer as 47 500 leerlinge vind baat by kursusse wat die Vereniging van Afrikaanse Wiskunde Onderwysers in 2014 aangebied het.
• Studielenings
Helpende Hand se Studiefondssentrum verskaf verskeie rentevrye studiebeurse jaarliks in Mpumalanga.
In 2015 is R26-miljoen aan 1 400 beurshouers uitbetaal.
• Beroepsopleiding
Die regte vak en beroepskeuses het ’n daadwerklike invloed op ’n persoon se toekomspad.
In 2014 het 100 leerlinge psigometriese toetse by ’n professionele opvoedkundige sielkundige afgelê om hulle in die regte beroepsrigting te stuur.
• Werksgeleenthede
Nagenoeg 100 nuwe werkgeleenthede is by nuwe ondernemings geskep.
Helpende Hand bied ook die aanlynplatform, WerkNet, waar werksoekers en werkgewers ontmoet.
• Bejaardesorg
Meer as 40 behoeftige bejaardes kry in die gemak van hul huise en tuisdorpe maandelikse bystand van vier versorgers (tuisgenote) in 2014.
Dit is in 2015 na meer bejaardes uitgebrei.
Bejaardes word ook met goedvoel projekte bederf, soos ’n ete by Maxi’s Standerton waar bejaardes getrakteer is.
• Me. De Lange het gesê dat ons wat elke dag genoeg het om te eet en ’n dak oor ons koppe het, nie besef watter ontberings mense wat in wit plakkerskampe bly, daagliks ondervind nie.
By ’n onlangse vraesessie in een van die kampe is mense gevra wat hulle Kerswens vanjaar sou wees.
Kerswense het ingesluit om tog net ‘n beter woonwa te kan hê, ’n gewone huis met ’n ma en pa, om net één keer gelukkig te wees en om tog net in staat te wees om hulle kinders weer na ’n skool te kan stuur.
Volgens haar beteken geen statistiek nie daar is geen wit armoede nie.
Kos is ’n skaarste en gebrek aan geestelike armoede laat mense moedeloos en mismoedig voel
• Akademia
Akademia is ‘n Afrikaanse universiteit waar studente die voorreg het om in hulle moedertaal te kan leer.
Dié studente werk gedurende die dag en woon aandklasse by wat vir hulle die pad oopmaak na bevorderings en verdere studie, tot selfs ’n graadkursus.
• Soltech
Soltech is Helpende Hand se tegniese opleidingsentrum.
Hier word behoeftige studente opgelei om met hulle hande te werk sodat hulle selfstandig kan wees en nie in die spiraal van armoede vasgevang word nie.
Verskeie tegniese kursusse word aangebied, soos byvoorbeeld pas-en-draaiwerk, elektriese werk, loodgieterswerk en vele ander.
Soltech het ook ’n 80 tot 90% sukses met plasing van opgeleide studente.
• Skenkings
Helpende Hand het meer as 30 000 ondersteuners landswyd wat maandeliks finansieel bydra en enigiemand wat balngstel in die werk wat Helpende Hand doen, kan skenkings doen deur maandeliks ’n debietorder van R50 te reël.
’n Eenmalige bedrag kan ook geskenk word.
• Vrywilligers
Meer as 1 300 projekte is in 2014 by 121 Helpende Hand-takke aangepak.
Jy kan deel word van so ’n span van minstens 1 200 vrywilligers wat op plaaslike vlak werk.
Vir verdere plaaslike inligting, kan me. Lydia Davel by 072 107 8053 geskakel word.
Anneline Smith, skakelbeampte, VLU Vaalrivier.
Besoek gerus ons ander webtuistes hier:
Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons Facebookblad en volg ons op Twitter.
Vir nuus wat na jou selfoon gestuur word:
BBM – 266F5BCC
WhatsApp – 0748872805



