CrimeNews

GPF waarsku inwoners

Lees meer hoe om jouself hierdie feesseisoen veilig te hou.

TRICHARDT – Die Gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) van Trichardt het inwoners gemaan om tydens die feestyd waaksaam te wees.

“Ons beweeg in ’n seisoen in wat aan baie mens bekend sal wees as ‘crazy season’.

“Veral inbrake en diefstal verhoog gedurende die tyd,” het mnr. Clark van der Walt, voorsitter van Trichardt GPF gesê.

Dié GPF patrolleer Trichardt se strate al vir ’n paar maande.

Hulle het die gemeenskap veral teen die volgende gewaarsku:

* Trek jou voertuig in die motorhuis in wanneer jy tuis is en maak seker die motorhuis is gesluit.

* Indien jou voertuig onder ’n afdak staan, haal al jou persoonlike besittings uit.

* Sluit motorhekke, tuinhekkies en deure.

* Maak kennis met jou bure en ruil selfoonnommers uit.

* Wees paraat, ken jou omgewing en wees elke oomblik bewus van wat rondom jou aangaan.

* Moenie kinders alleen dorp toe stuur nie.

* Wees versigtig vir enige iemand wat om hulp of vir geld vra.

“Inwoners moenie skrik as ons aan hul deure kom klop en vir hulle sê om hul motors, motorhekke of deure te sluit nie.

“Dit is ons plig om ons dorp ’n veiliger plek te maak.” het mnr. van der Walt verduidelik.

Om aan te sluit of om probleme aan te meld, skakel die Trichardt GPF by 081 877 0333.

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge TimesStanderton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Vir nuus na jou selfoon:

BBM –  590c76a8

WhatsApp – 0793644185

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button