Hadassa bederf inwoners
Die gesinne het elk ’n pakkie met kos, lekkernye en koeldrank gekry wat hul oor die feesseisoen kan gebruik.
Die interkerklike groep, Hadassa, word deur die N.G. Kerk op Morgenzon bestuur.
Dié groep is gestig om mense in nood met kos en ander benodighede te help.
Hulle het op 8 Desember weer by mekaargekom om ’n glimlag op ander se gesigte te sit.
Die hele gemeenskap dra by om hierdie projek ’n sukses te maak en hulle het vir die kinders Kersgeskenke gekoop.
Die gesinne het elk ’n pakkie met kos, lekkernye en koeldrank gekry wat hul oor die feesseisoen kan gebruik.
Me. Amanda Muller, voorsitter, het die kos voorberei.
Almal het ’n maaltyd gekry en die tafel was mooi gedek met wit en blou.
Al die lede het gehelp om die kos op te skep en die saal te versier.
Elke gesin het ook hul maandelikse CMR-pakkies ontvang.
Me. Inge Harris, ’n maatskaplike werker van die CMR, het saam met die kinders gekuier terwyl die ouer mense gesels het.
Besoek gerus ons ander webtuistes hier:
Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons Facebookblad en volg ons op Twitter.
Vir nuus wat na jou selfoon gestuur word:
BBM – 266F5BCC
WhatsApp – 0748872805





