Die jaarlikse Boer en Brit-dag vind op 11 April by die Val Hotel tussen Standerton en Heidelberg plaas. Die dag se gebeurtenisse skop af met ’n ontbyt gevolg deur ’n parade en ’n kranslegging by die momument.
Die Wapadrand Dansgroep gaan sorg vir vermaak en toeskouers kan uitsien na boeremusiek. Daar gaan ook ’n kompetisie wees vir die beste boer en brit uitrusting en prof Fransjohan Pretorius gaan oor Emily Hobhouse gesels.
Daar gaan ook ’n kort toer van die David Scholtz-monument wees.
Kaartjies kos R100 per persoon.
Vir meer inligting, of om jou kaartjie te koop, stuur ’n WhatsApp-boodskap na 082 550 5540 of besoek https://www.quicket.co.za/events/364807-boerbrit-2026/#/.



