VLU se Bethal-vroue vergader
Belangstellendes is welkom om die volgende vergadering op 21 April by te woon.
Die plaaslike VLU-tak het op 17 Maart vergader en Susan Beeslaar het vir die vroue gewys hoe ’n mens jou eie maaskaas kan maak. Lynette Posthumus, Bethal-tak se skakelbeampte, het gesê dit is ’n eenvoudige proses en die eindresultaat is ’n heerlike, kostedoeltreffende kaas met ’n romerige smaak.
Beeslaar het ook oor die VLU se produk vir die jaar, die lemoen, gepraat. As voorsitter van die Helpende Hand-tak op Bethal het Beeslaar vir Jenny van Rheede van Oudtshoorn, voorsitter van die Bethal VLU-tak, bedank.
Van Rheede van Oudtshoorn het as beoordelaar by die Helpende Hand Bethal-tak se Nasionale Melktertdag opgetree. Van die lede van die VLU Bethal-tak het melkterte aan ouetehuise op Bethal geskenk.
Die Bethal-tak se volgende vergadering is op 21 April om 09:00 vir 09:30 by die NG Kerk Bethal-Oos-gemeente.
Belangstellendes is welkom om dié vergadering by te woon.
Vir meer inligting, skakel Lynette Posthumus by 072 203 6230.
ALSO READ: Secunda couple clean graves for a living
ALSO READ: Sasol launches new destoning plant in Secunda





