Tragiese Kersdag vir gesin
’n Ma van Leandra moes op Kersdag van haar seun afskeid neem.
Luan Jonker (9) is op Kersdag in sy ouerhuis dood weens gastroënteritis.
Luan se ma, me. Christa Jonker, het slegs ’n klein begrafnispolis tot haar beskikking gehad en daar was nie genoeg geld om vir Luan se begrafnis te betaal nie.
Die gemeenskap het dadelik gehelp om finansiële hulp te verleen.
Sy gedenkdiens het op 8 Januarie op Evander plaasgevind en Luan se liggaam is veras.
Nehemia Uitreik en Luan se ouers, me. Jonker en mnr. Johan du Toit, het almal wat betrokke was en gehelp het om geld in te samel, bedank.
Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.
Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.
Vir nuus na jou selfoon:
BBM – 590c76a8
WhatsApp – 0793644185



