
’n Nasionale veiligheidsmaatskappy het die volgende wenke om misdaad te bekamp.
As jy iemand sien wat ronddrentel of verdwaal voorkom in jou gebou, vra of jy kan help met eenvoudige vrae soos “Kan ek help?” of “Na wie soek jy?”.
Dié persoon sal die hulp waardeer as hulle wel besigheid met iemand in die gebou het.
Begelei hom/haar na die regte kantoor of telefoon om die persoon met wie hulle ’n afspraak het, te skakel.
Sou die persoon nie bona fide besigheid in die gebou het nie, vra hom/haar om die gebou te verlaat, maar slegs as jy daarmee gemaklik is.
Sou die persoon weier om te gaan, skakel die polisie of die gebou se veiligheidswagte.
Wees voorbereid daarop om die persoon te beskryf wanneer jy die polisie bel.
Raak vertroud met jou onderneming se veiligheidsriglyne en -beleid.
Lees die volledige berig in die Standerton Advertiser om ’n paar voorbeelde te sien wat as verdag bestempel kan word.


